Vuisvoos belastingbetalers word gewetenloos verder en verder beroof van hulle geld. SARS het omvorm na ‘n baie effektiewe geldinvordering masjien. Wanneer SARS die belastingbetaler wel geld skuld of foute moet regmaak aan hulle kant verander die masjien in ‘n handploeg. ‘n Handploeg waarvan die arbeider al te gereeld op “lunch” of “tea time” is.
Indien jy die “call-centre” skakel hou jy aan van lente tyd tot persketyd. Dis nou benewens die feit dat ondermeer Vrydagmiddag ‘n slegte tyd is om te probeer iemand in die hande kry. Dieselfde geld vir elke dag na 15h45.
Die Belasting Administrasie Wet (Tax Administration Act) het gedurende 2011 in werking getree. Sommige mense het verwys na “drakoniese magte” wat deur hierdie wet verleen is aan SARS. Hierdie wet reguleer die administrasie rondom belastingprosesse.
Dit maak ondermeer voorsiening dat SARS self uit die belastingbetaler se rekening die geld mag onttrek – ongeag of jy saam stem met die bedrag Hulle noem dit die ‘pay now argue later” beginsel. Hierdie gebeur al te dikwels op ‘n hoogs ongeleë tyd, bv ‘n Vrydagmiddag. Aksies soos hierdie het ondermeer al veroorsaak dat ‘n konstruksie maatskappy nie die weeklikse lone kon betaal vanuit die maatskappy nie. Dit het gebeur nadat daar aansoek gedoen was by SARS vir afbetalingsreëlings en die aansoek se betalings stiptelik gemaak is. SARS se enigste reaksie op hierdie klagte was ‘n stelling - “at least it is paid now”.
Die krisis rondom hierdie gedrag is dat jy nog saad bestel en gereed maak vir plant – en as jy jou oë uitvee is die geld om vir die saad en diesel te betaal skoonveld.
Dis nou meer as ooit krities om te verseker dat alle opgawes tot op datum ingedien is. SARS mag ‘n aanslag uitreik volgens hulle eie skatting indien daar nie ingedien word nie. Verder word daar adminboetes gehef vir laat indiening. Dit geld steeds, al dryf die maatskappy nie handel nie. Hierdie kan baie vining ‘n aardige bedrag raak. Boete word bereken volgens die aangeslane verlies of belasbare inkomste. Dit variëer tussen R250 en R16 000 per maand. Indien jy glad nie handel gedryf het nie is dit steeds R 250 per maand. Dit is krities om te onthou dat SARS ook hierdie gelde net uit jou bank kan neem Voorbeeld:
Belastingjare 2020 en 2021 is uitstaande. Jou boetes op die SARS staat sal dus as volg lyk vir elke maand:
| Maand | Wat is agterstallig | Boete | Saldo |
|---|---|---|---|
| Januarie 2022 |
Agterstallige opgawe 2020 Agterstallige opgawe 2021 |
R250 R250 |
R500 |
| Februarie 2022 |
Agterstallige opgawe 2020 Agterstallige opgawe 2021 |
R250 R250 |
R1000 |
| Maart 2022 |
Agterstallige opgawe 2020 Agterstallige opgawe 2021 |
R250 R250 |
R1500 |
In totaal is die bedrag R 9 000 betaalbaar op 1 Februarie 2022. Bereken as volg:
| Belastingjaar uitstaande | Moes ingedien wees teen | Berekening | Bedrag |
|---|---|---|---|
| 2020 | 31/01/2021 | R250 x 12 maande x 2 jaar | R6 000 |
| 2021 | 31/01/2022 | R250 x 12 maande x 1 jaar | R3 000 |
Gesien in die lig van bogenoemde moet u dringend aandag gee aan u belastingaangeleenthede. Indien u enigsins hulp benodig is u welkom om Marica Gerber te kontak van Camira Geregistreerde Rekenmeesters en Ouditeure
Selfoon: 084 602 2397
Landlyn: 086 111 5227
nommer: 0603832046
E-pos: Info1@camira.co.za
Website: www.camira.co.za